Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Beroerte " deur KOOT PIETERSE
" Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #64201] Ma, 24 Junie 2002 17:51 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Beroerte
Koot Pieterse

In Saal C, aan die kant, langs 'n Schefflera-plant
lê ek slap in my tronksel van weefsel en vel.
Hier bedink ek die wag tussen helder en nag
terwyl ander hul kwel en my hartklop kom stel.

As ek slaap is ek vry, is dit weer ek en jy,
voel ek vroemôredou in my palm se vou -
sien ek sterre se sprankel, die son in die reën
en ek koester myself in die soet geur van jou.

In die nag is dit stil, net die asempomp raas
om my lewenslui longe vol asem te blaas.
In die gang eggo stappe, 'n ver foon lui skril -
daar's 'n hele gewoel tot die volgende stil.

Ek verbeel my ek hoor weer 'n katlagterkoor
en die lome geluid as 'n groenvlerkduif fluit.
Kyk, ek ruik weer die sand in 'n nat mielieland
en ek sien weer die klam in die oë van my bruid.
Maar hier woon ek alleen, met net wit om my heen.
Ek oorleef sonder lag, sonder leed.
As my God my kan hoor, want my roep is verloor -
mag hy my nie hier binne vergeet.
Re: " Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #64263 is 'n antwoord op boodskap #64201] Do, 27 Junie 2002 04:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek waardeer die ene.
skryf in boodskap news:3D175C90.3080802@rogers.com...
>
> Beroerte
> Koot Pieterse
>
> In Saal C, aan die kant, langs 'n Schefflera-plant
> lê ek slap in my tronksel van weefsel en vel.
> Hier bedink ek die wag tussen helder en nag
> terwyl ander hul kwel en my hartklop kom stel.
>
> As ek slaap is ek vry, is dit weer ek en jy,
> voel ek vroemôredou in my palm se vou -
> sien ek sterre se sprankel, die son in die reën
> en ek koester myself in die soet geur van jou.
>
> In die nag is dit stil, net die asempomp raas
> om my lewenslui longe vol asem te blaas.
> In die gang eggo stappe, 'n ver foon lui skril -
> daar's 'n hele gewoel tot die volgende stil.
>
> Ek verbeel my ek hoor weer 'n katlagterkoor
> en die lome geluid as 'n groenvlerkduif fluit.
> Kyk, ek ruik weer die sand in 'n nat mielieland
> en ek sien weer die klam in die oë van my bruid.
> Maar hier woon ek alleen, met net wit om my heen.
> Ek oorleef sonder lag, sonder leed.
> As my God my kan hoor, want my roep is verloor -
> mag hy my nie hier binne vergeet.
>
Re: " Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #64267 is 'n antwoord op boodskap #64263] Do, 27 Junie 2002 06:42 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf in boodskap news:afe443$lmr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek waardeer die ene.

Stem saam. Pragtige gebruik van woorde, veral 'tronksel van weefsel en vel'
en weer aan die einde die verwysing 'mag hy my nie hier binne vergeet'. Dit
voel asof dit jyself is wat hier lê en alles beleef.

Ek gaan nou vir 10 dae in die Kaap wees, sal maar intussen sit en hoop
Gloudina pos nog van Koot se gedigte.

Kekkel
> skryf in boodskap news:3D175C90.3080802@rogers.com...
>>
>> Beroerte
>> Koot Pieterse
>>
>> In Saal C, aan die kant, langs 'n Schefflera-plant
>> lê ek slap in my tronksel van weefsel en vel.
>> Hier bedink ek die wag tussen helder en nag
>> terwyl ander hul kwel en my hartklop kom stel.
>>
>> As ek slaap is ek vry, is dit weer ek en jy,
>> voel ek vroemôredou in my palm se vou -
>> sien ek sterre se sprankel, die son in die reën
>> en ek koester myself in die soet geur van jou.
>>
>> In die nag is dit stil, net die asempomp raas
>> om my lewenslui longe vol asem te blaas.
>> In die gang eggo stappe, 'n ver foon lui skril -
>> daar's 'n hele gewoel tot die volgende stil.
>>
>> Ek verbeel my ek hoor weer 'n katlagterkoor
>> en die lome geluid as 'n groenvlerkduif fluit.
>> Kyk, ek ruik weer die sand in 'n nat mielieland
>> en ek sien weer die klam in die oë van my bruid.
>> Maar hier woon ek alleen, met net wit om my heen.
>> Ek oorleef sonder lag, sonder leed.
>> As my God my kan hoor, want my roep is verloor -
>> mag hy my nie hier binne vergeet.
>>
>
Vorige onderwerp: " Slotsinne" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: "Alzheimer" deur KOOT PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 19:31:25 MGT 2024